J. Hans D. Jensen

Johannes Hans Daniel Jensen
Gebore (1907-06-25)25 Junie 1907
Hamburg, Duitse Keiserryk
Oorlede 11 Februarie 1973 (op 65)
Heidelberg, Wes-Duitsland
Nasionaliteit Duits
Alma mater Universiteit van Hamburg
Ander akademiese adviseur(s) Wilhelm Lenz
Doktorale student(e) Hans-Arwed Weidenmüller
Toekennings Nobelprys vir fisika (1963)

Johannes Hans Daniel Jensen (25 Junie 1907 - 11 Februarie 1973) was 'n Duitse kernfisikus. Gedurende die Tweede Wêreldoorlog het hy aan die Duitse kernenergieprojek, bekend as die Uraanklub, gewerk waar hy tot die skeiding van uraanisotope bygedra het. Na die oorlog was Jensen professor aan die Universiteit van Heidelberg. Hy was besoekende professor aan die Universiteit van Wisconsin – Madison, die Instituut vir Gevorderde Studie, die Universiteit van Kalifornië, Berkeley, die Indiana Universiteit en die California Institute of Technology.[1]

Jensen het die helfte van die 1963-Nobelprys vir Fisika met Maria Goeppert-Mayer gedeel "vir hul ontdekkings rakende kernskulpstruktuur". Die ander helfte van die prys is toegeken aan Eugene Wigner vir onverwante werk in kern- en deeltjiefisika.[2]

  1. Verwysingfout: Invalid <ref> tag; no text was provided for refs named Jensen1907
  2. Verwysingfout: Invalid <ref> tag; no text was provided for refs named NobelPrize1963

© MMXXIII Rich X Search. We shall prevail. All rights reserved. Rich X Search